Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis (Kos uit Afrika series) by Cass Abrahams
This book has not been indexed yet...
Notes about this book
You must Create an Account or Sign In to add a note to this book.Reviews about this book
- ISBN 10 1919992782
- ISBN 13 9781919992785
- Linked ISBNs
- 9781875001439 Paperback (South Africa) 1/6/2000
- Published Jun 15 2008
- Format Paperback
- Page Count 96
- Language Afrikaans
- Countries South Africa
- Publisher Metz Press,South Africa
- Imprint Metz Press,South Africa
Publishers Text
Elke hoofstuk is steeds gestruktureer rondom een van die vele feeste wat die Kaapse Maleiers gereeld vier, met resepte van die spesiale disse wat vir spesiale geleenthede berei word. 'Nerens op aarde is daar nog 'n gemeenskap wat so graag fees vier as die Kaapse Maleiers nie; nerens op ons planeet 'n groep mense so toegewyd in hul danksegging aan die Almagtige vir die seeninge van die tafel nie .' skryf dr MC D'arcy in die voorwoord van hierdie titel. Kaap-Maleise kos is lank reeds gewild onder Suid-Afrikaners in alle kringe. Hierdie titel bevat resepte vir die ou gunstelinge, sowel as minder bekende, maar ewe smullekker disse wat tradisioneel op die tafels van die Kaapse Maleiers te vinde is. Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis spog met heelwat nuwe resepte, onder andere tradisionele disse van ander groepe in ons multi-kulturele gemeenskap, wat stelselmatig deel geword het van die Kaap-Maleise kostradisie. Daar is uitgebreide opdienwenke buite die Kaap-Maleise kulturele konteks, en die asemrowende nuwe kosfoto's fokus op individuele borde kos, onweerstaanbaar aantreklike voorgesit, liewer as die oorvloed van die tradisionele Kaap-Maleise tafel wat so kenmerkend aan hulle feesviering is. Met hierdie nuwe benadering hoop Cass om die smullekker geregte waarvan die resepte al meer as 300 jaar van geslag tot geslag oorgedra word, van die gesinstafel tot in die beste restaurante te neem sodat almal wat ons pragtige land besoek die unieke geure en smake van Suid-Afrika se eeue-oue kostradisies kan geniet. (English description: Each chapter of this popular book is structured around the many important feasts celebrated in the Cape Malay community. Recipes of special dishes prepared for special celebrations – all the firm favourites as well as less known, but equally delectable, dishes traditionally gracing the Cape Malay table, now also boasting recipes from other groups of our multicultural community that have become part and parcel of the Cape Malay tradition. The stunning food photographs focus on plated, beautifully presented food.)Other cookbooks by this author
- A Life with Food
- Cass Abrahams Cooks Cape Malay: Food from Africa
- Cass Abrahams Cooks Cape Malay: Food from Africa
- Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis (Kos uit Afrika series)
- The Culture and Cuisine of the Cape Malays: More Than 100 Recipes for Delectable Dishes Found on the Cape Malay Table
- A Life with Food

